Tuis Foto's Kampeer Ligging Tariewe Kontak Ons   4x4 Roete

Tuis  |  4x4 Roete  |  Kampeerterrein  | Foto’s  |  Ligging  |  Skakels  |  Kontak Ons


Webblad ontwerp en onderhou deur Creative Solutions


Tuis

4x4 Roete

Kampeer

Foto’s

Ligging

Tariewe

Kontak Ons

Tuis   4x4 Roete  Kampeer Foto's Ligging Marcuskraal Tariewe Kontak Ons

GPS

S 32° 26.383’

E 18° 56.551’


Welkom

Marcuskraal 4x4 en Kampeerterrein is ongeveer 20km vanaf Citrusdal geleë en is 2 uur se reis vanuit Kaapstad.  Die ligging maak dit ideaal vir naweekbesoekers wat ontvlugting uit die stad soek, maar nie 'n groot deel van hul naweek op die pad na hul bestemming wil spandeer nie.  

Met 4x4 roetes wat deur bergfynbos kronkel en asemrowende uitsigte oor die Sederberge het, bied Marcuskraal 'n ongeëwenaarde ervaring vir natuurliefhebbers en 4x4 entoesiaste.  Die roete bied 'n wye verskeidenheid bestuursuitdagings: van dik sand en los klip paaie tot steil rotshellings.

Die nuutgevestigde kampeerterrein bied grasperkbedekte terrasse, 'n oorvloed skadubome en besonder netjiese en skoon badkamergeriewe.  'n Swembad verskaf lafenis teen die hitte.  Alle kampeerplekke is voorsien van elektriese kragpunte.

Met tariewe wat gemik is op die plaaslike mark, bied Marcuskraal 'n bekostigbare naweekwegbreek vir 4x4 entoesiaste wat die pragtige Sederberg- en Weskusstreek wil ontdek.

Chalet Foto's