GPS

S 32° 26.383’

E 18° 56.551’

 

Tuis
Foto's
Kampeer
Ligging
Skakels
Kontak Ons
  4x4 Roete

Tuis  |  4x4 Roete  |  Kampeerterrein  |  Foto’s  |  Ligging  |  Skakels  |  Kontak Ons

 

Webblad ontwerp en onderhou deur Creative Solutions

 

Tuis

4x4 Roete

Kampeer

Foto’s

Ligging

Skakels

Kontak Ons

Tuis
  4x4 Roete
Kampeer
Foto's
Ligging
Skakels
Kontak Ons

Met ‘n 4x4 roete wat deur bergfynbos kronkel en asemrowende uitsigte oor die Sederberge, bied Marcuskraal ‘n ongeëwenaarde ervaring vir natuurliefhebbers en 4x4 entoesiaste.  Terwyl die meeste van die roete geskik is vir onervare 4x4 entoesiaste, is daar ook meer uitdagende gedeeltes, waar sukses selfs hardebaard 4x4 entoesiaste, met ‘n gevoel van genoegdoening sal laat.

Die roete neem besoekers tot op die kruin van Osberg met asemrowende uitsigte oor die omliggende berge en valleie.  Op ‘n helder dag is dit selfs moontlik om die Atlantiese Oseaan in die verte te sien. Ongeveer in die middel van die roete is boskamp met braaigeriewe en lopende water waar daar gerus en gebraai kan word voor die res van die roete aangedurf word.

Dwarsrug beloon besoekers met uitsigte oor die vrugteboorde, plaashuis en kampeer-terrein onder in die vallei.  Vanaf dwarsrug is dit ‘n kort rit terug na die kampeerterrein.

Die roete van 24km neem ongeveer 4 ure, stoptyd uitgesluit, om te voltooi. Die tarief vir die 4x4 roete beloop R200 per voertuig.